Job Description
CFAM Technologies (Potchefstroom) is op soek na ’n betroubare Sekuriteitsbeampte om sekuriteitsdienste by ons fabrieksterrein te verrig. Die pos vereis ’n goeie begrip van toegangbeheer, waaksaamheid en professionele optrede.
Sleutelpligte sluit in:
- Bemanning van die beheerkamer (monitering, kommunikasie en verslagdoening).
- Toegangbeheer : koördinering en beheer van toegang tot die perseel volgens CFAM se reëls en prosedures.
- Basiese inspeksies en beheer waar skrootmetaal /materiaal verwyder word (voorkoming van verlies en onbevoegde verwydering).
- Hantering van insidente, opvolg van prosedures en tydige eskalasie na bestuur waar nodig.
Voordele (nie noodsaaklik nie):
- Vorige ervaring in ’n industriële/fabriek-omgewing .
- Geldige PSIRA-registrasie
- Goeie kommunikasievaardighede en vermoë om streng prosedures konsekwent toe te pas...
Ready to Apply?
Take the next step in your AI career. Submit your application to CFAM Technologies today.
Submit Application